Die gratis Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac)

Tuis

WSpel het pas weergawe 15.0 geloods en met meer as 526,000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows) ter wêreld.  Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009.  Dis alles gratis, want WSpel is gratis vir almal onderhewig aan die lisensieooreenkoms.

Ons doelwit is om die omvattendste en gebruikersvriendelikste speltoetser gratis in Afrikaans daar te stel.  WSpel word gereeld bygewerk met nuwe woorde of bestaande woorde wat voorheen nie opgeneem is nie.  U kan die program gratis van tyd tot tyd aflaai of laat bywerk – http://www.wspel.co.za

Lees gerus die Voorwoord vir meer inligting oor WSpel.

Die WSpel-speltoetser kom met ’n volledige hulplêer en instruksies wat ook gratis saam met die speltoetser afgelaai word.

Geniet dit!  U insette en terugvoering is altyd welkom.  Gebruik asseblief ons e-posadres wspel@lantic.netons hoor graag van u!

Johan en Elfia Visser

In liefdevolle herinnering aan Thomas C. Ellis (1934 – 2018)

______________________________________________________________________

Kopiereg sedert © 2002 Johan & Elfia Visser.  Alle regte voorbehou.

Microsoft® is ʼn geregistreerde handelsmerk van die Microsoft Groep van maatskappye in die Verenigde State van Amerika en in ander lande.  Microsoft Office®, Microsoft® Word, Microsoft Excel®, Microsoft PowerPoint®, Microsoft Access®, Microsoft Outlook®, Microsoft Outlook® Express, Microsoft® Publisher, Microsoft Windows® en Microsoft Windows Vista® is handelsmerke en programme van die Microsoft Groep van maatskappye in die Verenigde State van Amerika en in ander lande.   Mac is ʼn geregistreerde handelsmerk van Apple Inc.  Inno Setup Compiler (http://www.innosetup.com/) is gebruik vir die installasieprogram. 

Tag Cloud

%d bloggers like this: