Klik hiér om WSpel vir Microsoft Office met Windows as bedryfstelsel af te laai → WSpel_15.0.exe
-
-
- Nuwe en bestaande gebruikers van WSpel laai presies dieselfde lêer af.
-
- ’n OneDrive-blad open wat o.a. WSpel_15.0.exe op die blad aandui.
- Iewers op u skerm behoort u nou die volgende ventertjie te sien:
- Sodra WSpel klaar afgelaai het, verander dié venstertjie na ’n waarskuwing (WSpel is egter virusvry en derhalwe veilig om af te laai):
- Beweeg die muis tot op die waarskuwing – dan open daar ’n asblik en drie punte. Klik op die drie punte.
- Klik op Keep. Die volgende skerm open:
- Klik op die pyltjie by See more.
- Klik op Keep anyway.
- WSpel_15.0.exe laai verder af dan verskyn ‘Open file’ op die venstertjie:
- Klik op ‘Open File‘. ’n Waarskuwing kan verskyn:
- Klik op More info
- Klik op Run anyway
- Indien u nie die ‘Open file’ hierbo geklik het nie, sal u WSpel_15.0.exe in die Downloads-omslag vind (Tensy u ’n ander omslag aangedui het as aflaaibestemming).
- Dubbelklik op WSpel_15.0.exe indien u vanaf die Downloads-omslag installeer.
- Gedurende die installasie van WSpel_15.0 word die vorige weergawe van WSpel outomaties verwyder op voorwaarde dat u nie die bestekbestemmings (Default installation directories) verander het toe u dit geïnstalleer het nie.
- WSpel 15.0 is nou geïnstalleer, maar vir eerste gebruikers van WSpel is daar is nog enkele verpligte instellings wat u self moet doen. (Bestaande gebruikers doen nie weer dié instellings nie):
- Verwyder enige ander Afrikaanse speltoetser vanaf u rekenaar voordat u die verpligte instellings vir WSpel doen. WSpel sal nie korrek fungeer saam met ’n ander Afrikaanse speltoetser nie.
- Open die WSpel-hulplêer op u werksblad (Desktop) en doen die verpligte instellings voordat u WSpel kan gebruik (Bestaande gebruikers doen nie weer dié instellings nie).
-
In liefdevolle herinnering aan Thomas C. Ellis (1934 – 2018)
_______________________________________________________________________
Kopiereg sedert © 2002 Johan & Elfia Visser. Alle regte voorbehou.
Microsoft® is ʼn geregistreerde handelsmerk van die Microsoft Groep van maatskappye in die Verenigde State van Amerika en in ander lande. Microsoft Office®, Microsoft® Word, Microsoft Excel®, Microsoft PowerPoint®, Microsoft Access®, Microsoft Outlook®, Microsoft Outlook® Express, Microsoft® Publisher, Microsoft Windows® en Microsoft Windows Vista® is handelsmerke en programme van die Microsoft Groep van maatskappye in die Verenigde State van Amerika en in ander lande. Mac is ʼn geregistreerde handelsmerk van Apple Inc. Inno Setup Compiler (http://www.innosetup.com/) is gebruik vir die installasieprogram.
You must be logged in to post a comment.